Sentraal
DIRK KOK
Die mening dat boere en die private
sektor gaan moet inspring en self
verantwoordelikheid aanvaar vir suksesvolle
grondhervorming in die land word al hoe
meer en al hoe harder uitgespreek.
Op Standard Bank se jaarlikse
agribesigheidsdag in...
More
Sentraal
DIRK KOK
Die mening dat boere en die private
sektor gaan moet inspring en self
verantwoordelikheid aanvaar vir suksesvolle
grondhervorming in die land word al hoe
meer en al hoe harder uitgespreek.
Op Standard Bank se jaarlikse
agribesigheidsdag in Bloemfontein
het die leierboer Anthony Evans, van
Viljoenskroon, gesê boere, die private
sektor en handelsbanke moet hulself nou
baie ernstig afvra of die tyd hiervoor nie
aangebreek het nie.
“Ek dink ons almal verstaan
grondhervorming is die grootste kwessie
vir boere. Almal, selfs die regering, erken
dat die grondhervormingsbeleid en die
inwerkingstelling daarvan tot dusver
klaaglik misluk het. Dit is ’n werklike
probleem vir boere.
“Instede daarvan om agteruit te staan en
voort te gaan om beskuldigings na die
regering te slinger, moet ons inisiatief neem.
“Ek is besig met ’n projek met ’n boer wat
drie, vier jaar lank vergeefs probeer het om
staatsbefondsing te kry. Toe sluit ons by
hom aan sodat hy die nodige geld kan kry
en die
Less